om 'n gap te vat

die laaste paar maande het afdraend gegaan... sommer in alles! ek dog toe dis dalk die moeite werd om 'n gap te maak. ekt heelwat van ons vriend Coelho se boeke gelees die laaste tyd - 11 minutes een daarvan en ook prilgrimage. dus het ek begin besef hoeveel dinge mens "verby" -gaan in jou daaglikse deurgang van 'n dag - dinge soos energie, entoesiasme, liefde - positief en negatief. dis vir my amazing om te sien hoeveel mens kan agterkom in die mense om jou as jy net konsentreer. (...en wat mens kan agterkom van jou as hulle sou konsentreer op die seine wat mens uitstuur sonder dat jy dit bedoel/besef...) ek wonder of dit iets te doen het met Petrus (dink ek) wat gebid het vir 'n "fyn aanvoeling"?

en dan wonder ek hoe gereeld mens actually stop en dink oor wat belangrik is. is dit moontlik om te jouself te verloor as jy nie soms stop en hieraan dink nie? regardless wat jy besluit, - net bloot om daaroor te dink. ek dink tog dit vorm mens in dit wat jy besig is om te raak.

in elkgeval, ek vat 'n gap.

Comments

Popular Posts