
So ek wou baie graag bietjie in Frankryk kom - nie vantevore nie, maar wel nadat ek so bietjie tour de France gevolg het laas jaar. Ons het egter besluit dinge gaan te dol, dus het ons gister Stuttgart toe gegaan om 'n bietjie die stad te sien en te gaan inkopies doen. (Die mammoet roep my nog ;-) ).

Well, dus het ons Sondag vir 'n uitstappie gegaan na Strassbourgh - naby die grens met Duitsland. Dis 'n besonderse mooi stad - nog baie invloede vanuit die tyd toe dit deel was van Duitsland, maar beslis nou Frans. Op 'n manier was dit amper idillies - nie obviously nie, maar as jy mooi gaan stilstaan en kyk en dink is dit een van die stede wat regtig iets besonders is.

Ons het dit oggend vroegerig (soos gewoonlik) vertrek en seker so by 9am daar aangekom. 'n Vriendelike dame in die (besonderse) stasiegebou se toerisme afdeling het ons gawe idees gegee rondom wat om te doen. (btw dis die moeite werd om 'n passport te koop vir die stad - gee mens toegang tot verskeie dinge om te doen gratis) Ons het eers so bietjie deur die stad gestap - ek kon nie help om te wonder wat al daai cobblestones al deurgemaak het en gesien het nie.


Op die groter plein het ons die katedraal besigtig en toe ietsie gaan drink/eet. weereens was ons nie warm genoeg vir die uitstappie nie - dit ten spyte van ons "pienk" jurkies wat ons die vorige dag in Stuttgart aangeskaf het. Ons het dus maar die boot gaan soek wat ons vir 'n trippie rondom die stad geneem het - heerlik warm in 'n glas(perspeks) omhulde boot al om die rivier wat om die stad loop (in fact twee rivere-dele wat bymekaar uitkom).
Beslik 'n stad met baie ryk historiese agtergrond, maar ook 'n moderne bedrywigheid met o.a. die geboue van die Euopese Unie in hul indrukwekkende monderne grootheid wat op die walle van die rivier gebou is.
Comments
Post a Comment