op toer

ons vertrek die namiddag vanaf Kaapstad na Frankfurt via Istanbul.





hier is 'n paar foto's

Ma en Tannie Hannelore Harmse onmoet mekaar weer (sedert skooldae) op Kaapstad lughawe. Ongelukkig net 'n paar minute om te kuier voor ons moet vertrek. Sy verstrek 'n uur later na Munich. Hopelik kan ons mekaar daar te siene kry!



op Istanbul stap ons bietjie rond ek koop 'n "sample" Baklava - vreemde skilferkors eetding met neut affere in die binnekant. Ons kies Pistacio vulsel... (is dit moontlik die begin van die "groen dood"?)


By die bazaar koop ons ook twee houertjies met Halva - Ma het dit gereeld geeet in SA en daarvan gehou. een van die verpakkings koop ons toe wel met Pistacio... gevulde Halva...


Op Frankfurt Lughawe aangekom is ons al 'n bietjie vaak en moeg - maar die wereldreisiger soos te siene hierbo laat niks blyk... is die "GD" reeds besig om te werk? ek dink nie so nie...


Vanaf Frankfurt neem ons 'n ICE na Mannheim en van daar 'n Sbahn na Heidelberg. Die blou sak hierbo raak toe effe swaar....



Voor ons woonstel ingang... oppad vir ons eerste "uitstappie". die GD is aan't broei...





hierna neem ons nie eintlik foto's nie... dis 'n ernstige saak...


OK die volgende oggend gaan ons weer voort:
Ek het gaan werk - ontmoet vir Heinz so 9h se kant en gesels bietjie oor dinge te doen ens. Ontmoet ook vir Joachim en Britta wat in die groep werk. gesels later met Joachim oor die data wat vroeer gerun is - lyk belowend.
Maar waai weer so 3pm se kant en ons probeer weer afgaan dorptoe... ;-)
Die keer maak ons dit tot op die markplein (Altstad) en drink 'n teetjie terwyl dit begin koud raak.



Comments

Popular Posts