Halou julle

Mens kan fietry hier in die noorde van Deutchland!

Dit gaan goed hier. Ek was twee weke gelede gou by ‚n vriendin aan in Geisenheim (‚n klein dorpie in die Rhyne vallei) – ‚n lieflike plek en heerlike wyne! Ek het daar ‚n bietjie my fiets gevat en gaan ry – die stylste bult in my lewe uit! Theo, dis nou ‚n ernstige „skuins“ bult daai! Bo uitgekom is daar ‚n imposante standbeeld. – blykbaar iets wat die Rhyne vallei „oppas“. Maar ek moet byvoeg dat dit sowat ‚n 15 % „incline“ is... my fiksheid was verseker nie opgewasse hiervoor nie – hierdie keer was ek regtig uit ratte uit – het tot stilstand gekom op ‘n plek en toe is my bene te lam om my cleats uit te kry – toe val ek maar om… wat ‘n skande – gelukkig vroeg die oggend en niemand om die palawa te aanskou nie.





Daar was natuulik ook baie sonneblomme en ‚n variasie van ander blomme wat ek veronderstel veral herfs blomme moet wees.


Tussen deur het ons lekker gekuier terwyl Daniel gereeld moes skottelgoed was of slaaimaak – Caroline het leer pizza maak.






So ‚n week gelede het ek Kiel toe gekom. ‚n winderige stad, met logo: „the sailing city“... well met goeie rede. Ek vaar soggens vanaf my hotel na die hospitaal met ‘n ferrie, en was al ‘n paar maal verstom hoe jonk die kinders is wat self bootjies beman – ek skat hul moet so 3 jaar oud wees. Regtig. Ek dink dit word “cutters” genoem – sulke klein bootjies met een seil. In SA leer jy jou kinder fietsry... lyk my hier leer jy jou kind seil.. ek wonder hoe hul sal vaar op n fiets. Selfs waterpolo (of ‚n variasie daarvan) word met kano’s gespeel.
Ek het my hotel gekies so effe aan die kant van die stad (oos) en ry soggens uit om ‘n bietjie te oefen – daar is darem een dorpie naby waar daar soortvan ‘n bultjie-agtigheid is om teen intervalle(tjies) te oefen. Andersins het ek die naweek ‘n paar langer rides gedoen. Die area (noord Duitsland) is regtig mooi en baie landelik hier in hierdie omgewing – baie windkrag wat opgewek word en plase. Heerlik om deur die dorpies te ry! Gelukkig het is daar ‚n kaart beskikbaar wat spesifiek fiets roetes uitwys – jul weet hoe gaan dit in Europa – fietse is die wereld vol maar vir ons is dit maar moeilik om uit te vind watter paaie mens wel met fiets mag begaan – en waar pad stop en sypaadjie begin is ook nie te duidelik nie...
Kiel is egter bekend as fiets-vriendelike stad – well dis nou as jy ‚n „rondritsfiets“ trap – mens sien maar min resies fietse hier – hul gebuik eerder fietse as vervoermiddel, soos in baie ander stede op die vasteland. Iemand by die hospitaal het my darem in verbinding gesit met ‚n oefengroep vir padfietse – hul ry op ‚n dinsdag aand ‚n ~ 70 km roete in die omgewing – weet nog nie hoe hul oefeninge oor naweke is nie.
Hier is ook ‚n heel paar fietswinkels en het verbasend genoeg heelwat parte vir padfietse.

En na ‚n fietsrit is dit natuulik die gemaklikste ding om te kom aansit vir ‚n uitgebreide ontbyt... ek is nie seker wat Ian sal se^ van my eetgewoontes hier in terme van ‚n oefen program nie... maar nou ja – die Duitsers kan ‚n goeie ontbyt voorberei... beslis ‚n gewoonte wat ek slegs onder dwang sal moet afleer terug in SA na ‚n maand se bederf!

Groete eers en lekker week!

Maria

Heelwat windkrag hier in die noorde van die land opgewek.




Die ingang na Lubeck (sowat 1h30 vanaf Kiel) waarheen ons gister was – lyk effe koddig – die ingang se pilare lyk nie vir my baie regop nie... Egter ‚n mooi en interessante stad – die hele stad is as nasionale gedenkwaardigheid beskerm – die straatjies is asof uit Medivial times...




In een van die kerke het ‚n kerkklok geval toe die toring brand. Die kerk is gerestoureer met die klok wat steeds net daar le^. Die klok het op palmsondag geval...
‚n ander kerk het weer ‚n storietjie van ‚n duiwel wat die kerk wou kom vernietig met ‚n rots... hy was onder die indruk dat hul besig is om ‚n drinkplek te bou... toe hy uitvind hul bou ‚n kerk het hy gekom om dit te vernietig... die bouers het hom gevra om maar nie hul bouery ongedaan te maak nie – hul sal wel ‚n drink plek langsaan bou... wat hul toe gedoen het ;-) ...

Laat my terugdink aan ‚n pienk fiets waarmee ek klasgedraf het op stellenbosch...

Comments

Popular Posts