home again to change

ek het die laaste klompie weke baie gebid oor die saak: die cottage in Jonkershoek (Old Nectar) het my effe frustreer en vasgedruk. dis snaaks, maar ekt gevoel ek kon my nie uitleef nie. ... wat my bring by 'n ander punt: watter rol speel mens se blyplek in jou vermoe om jouself uit te leef? elkgeval, terug by die gebed - die student wat saam met my daar woon hou van die area en wou graag aanbly. ek wou trek. as ek waai is hy sonder blyplek. maar ek gaan elkgeval vir sept Kiel (duitsland) toe vir 'n kursus. so wat nou? ons Vader voorsien toe baie mooi in die dat 'n vorige vriend bel om te hoor of ek nie weet van blyplek in die area nie... perfek - hy wil daar begin huur is september.
deesdae is my grootste wens om te doen waarvoor ek op die aarde is. om my deeltjie te doen in die groot masjien van die skepping.
so 'n paar dae gelede sien ek 'n ou (eddy) wat in die pad af gedraf kom oppad dorp toe vanaf jonkershoek. dit reent en ek is oppad treinstasie toe. of nee, daar was 'n staking - eks dus oppad tygerberg toe. ek laai hom op, en hy se hy's oppad du toit stasie toe om 'n taxi daar te vang belville toe waar die pas begin werk het. lang storie kort - ons is albei in VWS (www.capefires.co.za) en ek laai hom gereeld op in die oggende. vanoggend was egter die laaste oggend wat ek daarvandaan ry. dis ook (so glo ek) bestuur dat ek vandag tot by tygerberg ry en nie net tot op stasie nie. hy vra my 'n vraag: "jy's mos 'n doktor (ja ek weet nie so mooi nie, maar OK) - "kan mens 'anxiety' behandel?"... dit was besonders dat hy dit gevra het. die kere wanneer ek die goete ervaar het was nogal diep en om deur die donker gat te klim en die son te sien skyn het verrykende gevolge. Eddy however is tans nog nie waar die son skyn nie, en val gereeld in die gat. ek bid en hoop dat hy daar sal deurkom en die gate in die toekoms al hoe beter en vroegtydiger kan sien.
well, terug by die home again to change... so stuur kari kat gister 'n mail aan van 'n plekkie op 'n plaas wat my moontlik baie goed te pas sal kom. maar die keer vra ek net die Vader wat Hy dink, want so wil ek my nie weer vasloop soos die afgelope winter nie...
tot 'n volgende keer - shalom!

Comments